No regrets Ni le bien qu'on m'a fait, ni le mal Tout ça m'est bien égal In this fucked up game Of life, love and middle age, Of having been there and burnt We circle each other like two wounded warriors Ever so cautious not to expose our weak side, The one that says I... Continue Reading →
Drif
Loela is die mees kreatiewe energieke mens wat ek al teegekom het, sy vat die lewe met drif en wurg al die beste goed uit hom uit. Haar tuin kraak onder haar energie, in die vulkaan-as van Auckland breek sy grond met 'n graaf, dwing sy met kunsmis en vloeke vrugtebome om onder haar hand... Continue Reading →
Kuikenmoord
'n Paar Indiese spreeus (mynahs), verpestings en indringers, bou nes onder die nok van my nuwe woonhuis. Op 'n manier het hulle 'n manier gevind om onder die flap van die ventilasiestelsel in te kom, en daar in die pyp 'n veilige, onbereikbare nes te bou. Dis hoog en nie eens 'n lang leer kom daar... Continue Reading →
Verwondering
"Ek verwonder my", het my een huiswerker altyd gesê as iets haar erg eienaardig opgeval het. Daardie woorde kom soms by my op as ek die wêreld probeer uitpluis vir myself. Oor kwessies veelsydig en uiteenlopend van aard. Soos: Hoekom is die ewige beweging van water - deining, branders, rivierstroming, getye - so ongelooflik helend? Is... Continue Reading →
‘n Stukkie hemel
Sorg, het ek besluit, is die belangrikste ding in die lewe. En ek wens ek het dit vroeër geweet. Geweet soos in besef, want as jy dit op 'n dag besef, dan kom jy dikwels agter sorg is lankal in jou DNA. Sorg van familie, van verhoudings, van jou huis, jou werk, jou gemeenskap. En as... Continue Reading →
Stuur groete vir Laurika Rauch (2006)
Dis Maryna se skuld dat ek ompad ry by die Afrikaanse Kaffee (sic) langs, op pad na Albert-kind se swemles toe. Dis sy wat my gevra het om gou daar te stop om souttertbestandele te kry vir daardie spesifieke een wat sy wil hê ek moet maak. Dis haar skuld dat ek die rakke besnuif... Continue Reading →
Vlerke
I need to talk about my future, whatsapp die tiener my terwyl ek in die Kaap kuier. Ok, antwoord ek. Versigtig. Nothing, bad, I promise. Hy ken sy ma, sien, weet sy bekommer al klaar. Hy is in die laaste jaar op skool in Auckland, NZ. En dink aan sy toekoms. En my hart wil... Continue Reading →
Die pad oor Calvinia
Francois leun oor die klein swart en wit kiekie wat ek vir hom aangee, kyk lank na die klein figure afgeëts teen die landskap, trek aan sy pyp, sê dan: “Dis my ma, en jou pa hier voor teen die rots, en ek en Kobus bo-op. Ons was op pad terug na Alheit van... Continue Reading →
Op reis
Die man van die Suid-Eiland begin met my gesels op die ferry terug van Rangitoto Eiland af. Ek is besig om foto's te neem van die seiljagte op die Waitemata Harbour, Auckland se sprankelende waterkant. Wyerandhoed, dofgroen sweater, denim broek, stapstewels. Die jare op sy gesig afgemerk. Stel hom voor as 'n plaaswerker van Timaru,... Continue Reading →
Nog hier
Kollega Cindy hoor jy ver aankom, haar lag en môre-groet kom om die draai lank voor haar lyf. Sy het daardie oorlopende maat van selfvertroue wat mens ander net kan beny. En ‘n vry sê oor alles en almal. Ek hou van haar, ek weet presies waar ek met haar staan. Sy kom graag gesels... Continue Reading →